Hou 1 x 500 ml-fles byderhand.

  • Maak ’n ysterpan goed warm. Sny die murgpampoentjies in die lengte in repe. Braai die murgpampoentjierepe in sarsies in die ysterpan sodat dit lekker skroeimerke aan albei kante het. Hou eenkant.
  • Pak die soetrissie, murgpampoentjie­repe, olywe, suur­lemoen, songedroogde tamaties en knoffel in die fles. Druk ’n paar tiemie- of roosmaryntakkies tussen­in.
  • Marinade Klits die olie en asyn of suurlemoensap goed saam en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet die marinade oor die bestanddele en draai die deksel van die fles stewig vas.
  • Plaas die fles in die yskas en marineer 1-2 uur of oornag.

Stilering: Carmen Niehaus.