Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n middelslagoondbak met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. 
  • Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot die meeste van die vloeistof weggebraai is. Geur met die sout en peper.
  • Klits die roomkaas en eiers goed saam. Voeg die mozzarella by en meng.
  • Pak ’n laag murgpampoentjielinte in die bodem van die oondbak. Versprei die helfte van die spinasiemengsel bo-op. 
  • Giet die helfte van die kaasmengsel oor die groente. Pak nog ’n laag murgpampoentjies bo-oor gevolg deur die res van die kaasmengsel. Pak nog ’n laaste laag van die murgpampoentjies bo-op.
  • Afronding: Sprinkel die mozzarella oor en bak 25 min. tot die eier gestol is. Sit voor saam met die suurlemoen- of lemmetjiewiggies.
  • Dit is genoeg vir 4 mense (as ’n maaltyd) of 6 mense (as ’n bykos).