• Groentekoekies: Verhit die olyf­olie in ’n pan en braai die ui en knoffel, indien gebruik, tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot die meeste vog verdamp het. Skep in ’n bak en laat afkoel. Meng die res van die bestanddele by. Vorm in plat koekies en verkoel minstens 30 min. Verhit die klapperolie en braai die koekies tot goudbruin rondom.
  • Avokadosmeer: Druk die avokado growwerig fyn en meng met die suurlemoensap. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Vir voorsit: Plaas ’n koekie tussen twee hawermoutplaatkoekies, skep die avokadosmeer in ’n aparte bakkie en sit voor saam met die groentekoekies.