Voorverhit die oond tot 200 °C en bespuit 8 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei of smeer met botter.

  • Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt. Kook die lasagnevelle tot al dente en dreineer.
  • Voer die muffinpanholtes met die lasagnevelle uit – sny die velle kleiner indien nodig.
  • Meng die res van die bestanddele goed en geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.
  • Skep die vulsel in die uitgevoerde muffinholtes en bak 15-20 min. of tot die lasagnevelle goudbruin en bros om die kante is.
  • Haal die lasagnebakkies versigtig uit die muffinpan en sit warm of koud voor.

WENK

Gepluiste gaar hoender of tuna uit ’n blikkie kan ook by die groente ingemeng word.