• Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol, voeg die maalvleis en worcestersous by en braai tot die maalvleis bruin is. Roer gereeld om die maalvleis op te breek.
  • Voeg die ui en knoffel by en braai tot die ui sag is. Roer die kruie en die sout en peper by.
  • Voeg die tamaties, tamatiepasta, blatjang, beesaftreksel, rooiwyn, wortels, sampioene en soetrissies by en laat kook 10-15 min. Roer af en toe. Pas die geurmiddels aan indien nodig.
  • Voeg die gnocchi by die mengsel en roer liggies. Laat 4-5 min. liggies prut of tot die gnocchi deurwarm is.
  • Afronding: Bestrooi mildelik met die parmesaankaas, rond af met die pietersielie of kruie en sit dadelik voor.