Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit twee langwerpige pannetjies of een ronde losboomtertpan.

  • Broskors: Plaas die meel en sout in die bak van ’n voedselverwerker en voeg die blokkies botter en cheddar by. Voeg die rooipeper by en verwerk tot die botter en kaas in die deeg ingewerk is. Meng die eiergeel, suurlemoensap en yswater en voeg stadig deur die tuit by terwyl dit meng. Meng tot ’n deeg om die lem vorm. Skep uit en vorm in ’n lang wors. Verkoel sowat 20 min.
  • Sny die deeg in skyfies en pak in die pannetjies. Druk vas met jou vingerpunte. Sny die kante ­netjies. Verkoel weer 20 min. Plaas ’n kleiner pan binne-in en bak sowat 20 min. of tot gaar maar nie bruin nie.
  • Vulsel: Gebruik ’n groenteskiller en sny die murg­pampoentjies en wortels in lang, dun repe – plaas die groente plat op die werkoppervlak om lekker lang repe te kry.
  • Meng die maaskaas en eiers, geur met sout en peper en voeg die helfte van die koljanderpesto by. Meng goed. Skep in die panne.
  • Pak nou die groente regop in lang rye, die wortels bymekaar, dan die murgpampoentjies.
  • Skep die orige pesto oor en krummel ’n bietjie feta oor. Bak sowat 35-40 min. of tot die ­vulsel gestol is. Rond af met die ekstra koljander­blare.