• Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, knoffel en lourierblare tot die ui goudbruin is.
  • Giet die afreksel by en laat kook terwyl jy die aanpaksel op die bodem van die kastrol losskraap. Verlaag die hitte en laat prut die mengsel sowat 15 min. Skep die lourierblare uit.
  • Voeg 2 blikke van die kekerertjies saam met die pekelwater in die blikke en die suurlemoenskil by en laat prut 10 min.
  • Verwerk die oorblywende blik kekerertjies en pekelwater in ’n voedselverwerker tot glad en voeg dit by die sop om dit te verdik. Voeg die suurlemoensap by.
  • Geur met die speserye, sout en peper en laat prut nog 5 min.
  • Vir voorsit: Strooi die koljander en sesamsaad oor en sit voor saam met ciabattasnye.

WENK

Voeg nog aftreksel by indien nodig of as die sop te dik is.