• Skil die patats en plaas dit in ’n diep mikrogolf­vaste bak met ’n volume van 2 L.
  • Voeg die water en sout by.
  • Bedek die bak met waspapier.
  • Mikrogolf die patats 15 min.
  • Dreineer.
  • Voeg die heuning, moskonfyt, sultanas, klapper, botter, brandewyn en suurlemoensap by en mikrogolf 5 min.
  • Skud die bak liggies en mikrogolf nog 5 min.

Vir voorsit

  • Sit die patats voor saam met die crème fraîche en pekanneute.