Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n oondbak met tinfoelie uit.

  • Skil die botterskorsie met ’n aartappelskiller.
  • Geur met sout en peper. Plaas met die plat kant op die bakplaat. Giet die olie oor en bak 20 min.
  • Sny elke helfte oorlangs in dun skywe, maar moenie regdeur sny nie – soos konsertina-aartappels.
  • Meng die gemmerwortel, knoffel en heuning en skep oor die botterskorsie.
  • Bak nog sowat 20 min. of tot sag en tot die kante effens verbruin het.
  • Sprinkel roketblare oor en sit voor as bykos saam met die ribbetjies.

Wenk:

Jy kan die botter­skorsie ook in skywe sny; dis onnodig om te skil.

Meng die gemmermengsel met olie en vryf die skywe goed daarmee in.

Pak op die bakplaat en bak tot gaar en effens gekaramelliseer.