'n Lekkerder bygereg vir 'n braai gaan jy nie kry nie! Tog te heerlik!
Genoeg vir 3 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 40-60 min.
Patats
3 patats
Vulsel
230 g roomkaas
5 ml (1 t) basiliepesto
5 ml (1 t) roketpesto
5 ml (1 t) sondroëtamatiepesto
2-3 vars aspersies, gestoom
2-3 langsteelbroccoliboompies, gestoom
125 ml (½ k) spinasie, lig gestoom
- Patats Draai die patats in tinfoelie toe en bak 40-50 min op matige kole tot gaar. Sny oop.
- Vulsel Meng die roomkaas en pesto’s en skep in elke patat.
- Pak die aspersies, broccoli en spinasie bo-op.
- Plaas die gevulde patats op ’n rooster op matige kole tot die kaas gesmelt het.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET