• Plaas die sampioene in ’n bakkie. Bedek met olyf­olie. Voeg die knoffel en origanum by. Geur met sout en swartpeper.
  • Verhit 'n groot pan op die stoof en braai die sampioene in sarsies tot goudbruin.
  • Haal uit die pan en laat afkoel.
  • Afronding: Pak die sampioene op ’n dienbord en skep van die avokadodoopsous op elk. Besprinkel met rissie indien verkies en rond af met vars basilie.