Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou twee groot bak­plate byderhand en spuit goed met kossproei.

  • Krummelpatats: Sit die patatblokke in ’n mengbak. Drup die olie oor, geur met sout en peper en meng deur.
  • Krummel: Sit alles saam in ’n voedselverwerker en pols fyn. Sprinkel oor die patatblokke en meng goed sodat die krummel aan die patat vaskleef.
  • Versprei die patatblokke op die bakplaat. Rooster 40-45 min. in die oond of tot die patats gaar en effens bros om die kante is.
  • Patattjips: Sny die patats in die lengte in die helfte en dan in dun wiggies. Versprei op die ander bakplaat en drup olyf­olie oor. Geur met sout en peper en meng goed deur.
  • Versprei die tjips in ’n laag en sprinkel die rissies oor. Rooster 20 min. in die oond, draai om en rooster 15-20 min. of tot effens bros en gaar.
  • Vir voorsit: Sprinkel die koljander en kaas oor indien verkies en sit voor as bykos of happie.