Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oond­vaste bak.

  • Bolaag: Stoom die botter­skorsie en patat saam met ’n bietjie sout tot sag. Voeg dan die lemoensap en -skil, suurlemoenskil en die botter by en verwerk in ’n voedselverwerker tot fyn en glad.
  • Vulsel: Verhit die olie en braai die ui, knoffel en seldery tot deurskynend. Voeg die res van die bestanddele, buiten die ertjies, by en verhit 30 min. of tot die groente goed saggekook en die mengsel lekker geurig is en die meeste van die vloeistof afgekook het. Roer die ertjies by en verhit tot warm.
  • Skep die vulsel in ’n oondvaste bak, skep die botterskorsiemengsel bo-op, giet ’n bietjie ekstra olyfolie oor, skakel die roosterelement aan en rooster 5-10 min. tot die puntjies effens verbruin het.
  • Sit voor saam met slaai, indien verkies.