Lensiedhal met kruiejogurt en rissie-uiesambal

akkreditasie
Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

  • Bedek die lensies met water en week minstens 30 min.
  • Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die ui tot geurig. Voeg die knoffel, gemmer, brandrissies en kaneelstokkie by en roerbraai 5 min. oor lae hitte.
  • Voeg die speserye by en roerbraai nog 1 min.
  • Dreineer die lensies en voeg saam met die groenteaftreksel by die uimengsel. Giet nog ’n koppie water by en bring tot kookpunt. Laat die dhal sowat 20 min. prut of tot die lensies sag is. As die dhal te 
    vinnig droogkook, voeg nog ’n bietjie water by.
  • Voeg die spinasie by en laat prut tot verwelk. Roer die jogurt deur en geur met die sout na smaak.
  • Jogurt: Meng al die bestanddele en geur met die sout.
  • Sambal: Meng al die bestanddele.
  • Vir afronding: Sit die dhal warm voor saam met die jogurt, sambal en ekstra vars koljanderblare, indien verkies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees