Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n plat 23 cm-koekpan met kossproei.

  • Meng die olie, knoffel, gemmer en speserye.
  • Rangskik die groente op ’n bakplaat en giet die geurige oliemengsel oor. Meng deur die groente en bak 30 min. of tot net sag maar nie stukkend nie.
  • Meng die groente, lensies, suurlemoensap en -skil, kruie en kaas. 
  • Druk die tortilla in die tertpan sodat dit die kors vorm. (Dit gaan kartel.)
  • Skep die groente-en-­lensiemengsel in die tortilla, giet die eier oor en bak 20 min. of tot die eier net gestol is.
  • Afronding: Sprinkel die koljandertakkies oor.