• Verhit die olie en braai die ui saam met die komyn, kaneel en ­kardemom tot die ui  sag is.
  • Voeg die gemmer-en-­knoffel-pasta en tamaties by en bring tot kookpunt.
  • Voeg die groente, fyn speserye en botterboontjies met die vloeistof by, roer goed en kook tot die groente gaar is, maar nie pap nie, en die sous geurig. Voeg water by indien nodig.
  • Vir voorsit: Sny die brood in drie stukke. Hol elke stuk uit, maar los ’n dik rand en bodem. Dit moet lyk soos ’n vierkantige broodbakkie, want jou kerrie word daarin geskep. Hou die stukkies brood eenkant.
  • Skep die kerrie in die broodbakkies, garneer met koljander en plaas dan die verwyderde brood soos ’n deksel op elke broodbakkie.