Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  • Vulsel: Dreineer die quinoa, plaas in ’n kastrol, bedek met genoeg water en kook tot uitgeswel en gaar. Dreineer indien nodig en geur met sout.
  • Verhit olie in ’n groot pan, voeg die uie, knoffel en soetrissies saam met die heel speserye by en roerbraai tot die uie sag is. Voeg die gemmer en fyn speserye by.
  • Voeg die ander groentes by, meng deur, bedek, verlaag die hitte en verhit tot net gaar maar nog baie bros. Voeg ’n bietjie water by indien nodig.
  • Roer die quinoa, dadels, appelkosies, koljanderblare, suurlemoensap en -skil by. Laat effe afkoel.
  • Verf 3 velle filodeeg met olyfolie en plaas op mekaar op ’n skoon vadoek met die lang kant wat na jou toe wys.
  • Skep ’n streep groente teen die lang kant van die filodeeg. Rol die filodeeg op om die groente om ’n lang rol te vorm. Rol dan in ’n wors. Plaas op die voorbereide bakplaat. Herhaal met die orige ­filodeeg en groente.
  • Verf die filodeeg met 
    nog olyf­olie en bak sowat 20-30 minute of tot die filodeeg bros en effe bruin is.
  • Tamatiesous: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en verhit sowat 15-20 minute of tot geurig en nie meer waterig nie.
  • Afronding: Sprinkel pis­tachioneute en koljanderblare oor die rolle indien verkies en sit warm voor saam met die tamatie­sous.