Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat byderhand.

  • Patats: Rangskik die patatblokkies op die bakplaat. Bedruip met die olyfolie en geur met die speserye. Meng liggies en druk die knoffelhuisies tussen die patats in.
  • Rooster 25-30 min. in die oond of tot gaar. Laat staan eenkant.
  • Tamatiesalsa: Meng al die bestanddele en geur met die sout.
  • Komynjogurt: Meng al die bestanddele.
  • Vir voorsit: Verwyder die mielies van die stronk. Verdeel die patat en knoffel tussen vier bakkies, skep die tamatiesalsa, mielies, guacamole en ’n skeppie van die jogurt bo-op. Sit voor saam met die lemmetjiewiggies.