• Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat byderhand.
  • Sny die mielies met ’n skerp mes in die helfte. Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt. Laat kook die mielies 10 min. en dreineer.
  • Meng die kase, mayon­naise, jogurt en koljander goed.
  • Smeer die mielies met die kaasmengsel en pak op die bakplaat. Geur met die sout en rooster 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is.
  • Sit voor saam met die lemmetjies indien verkies.