Bespuit ’n 22 cm-veerklamp-pan liggies met kossproei en voer die boom met bak-papier uit.

  • Kors: Verwerk die beskuitjies in ’n voedsel­verwerker tot fyn, of gebruik ’n koekroller. Voeg die botter by en meng. Druk die mengsel met die agterkant van ’n lepel op die boom van die koekpan vas. Plaas in die yskas.
  • Vulsel: Meng die gelatien­poeier en die aftreksel. Mikrogolf 45-60 sek. (dit moenie kook nie) om die gelatien op te los. Of laat dit oor ’n koppie warm water staan en roer tot die gelatien gesmelt het. Laat 5 min. afkoel.
  • Skep die vleis van die avokado uit en plaas dit in ’n voedselverwerker. Voeg die spinasie, fetakaas, knoffel, suurlemoensap, roomkaas, crème fraîche en aftrekselmengsel by. Verwerk tot glad. Geur met die sout en peper en giet die mengsel oor die ­beskuitjiekors. 
  • Plaas vir minstens 4 uur of oornag in die yskas.
  • Afronding: Dit kan uitgekeer word wanneer dit voorgesit word (maak dit met ’n dun mes aan die kante los, indien nodig). 
  • Keer die koek versigtig op ’n houtplank of opdienbord uit, en rond af met die mikrokruie.