30 min.
8
60 min.
Bestanddele
- GROENTE
- 4 eiervrugte, elkeen met 3 diep kepe ingesny
- sout
- 60 ml (¼ k) roket-en-basiliepesto
- olyfolie
- 3 rooi en/of geel soetrissies, gehalveer
- 2 rooi-uie, geskil en gehalveer
- 8 murgpampoentjies
- 4 elk vlapampoentjies en miniskorsies
- 250 g kersietamaties in verskillende kleure
- PESTOKOESKOES
- 250 ml (1 k) koeskoes
- 250 ml (1 k) kookwater
- 45 ml (3 e) roket-en-basiliepesto
- 400 g kekerertjies, gedreineer
- AFRONDING
- 100 g mozzarellakaas, in dik skywe gesny
- basilie
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat.
- Groente: Geur die eiervrugte met die sout en skep die pesto binne die kepe. Pak dit op die bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Bak sowat 30-40 min. of tot sag. Verwyder uit die oond en haal van die bakplaat af.
- Pak die orige groente buiten die tamaties op die bakplaat, geur met sout en giet olie bo-oor. Verhoog die hitte tot 200 °C en bak sowat 15 min. of tot die groente net begin sag word. Verwyder van die bakplaat. Pak die tamaties op die bakplaat, geur met sout, sprinkel olie oor en bak sowat 5 min. of tot dit net begin oopbars.
- Pesto-koeskoes: Giet intussen kookwater oor die koeskoes en laat staan tot dit geswel is. Roer dit los met ’n vurk en voeg die pesto en kekerertjies by.
- Afronding: Skep die koeskoes op ’n oondvaste opdienbord. Rangskik die groente bo-op, pak die skywe kaas tussenin en bak sowat 10 min. of tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die basilieblare oor en sit warm voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET