Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier of foelie uit en bespuit met kossproei.

  • Steek oraloor gaatjies in die patats met ’n vurk en pak op die bereide bakplaat. Rooster ­40-50 min. of tot die patats sag en gaar is – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe groot die patats is.
  • Vulsel: Rooster intussen die sonneblompitte in ’n droë pan tot dit effens begin verkleur. Skep uit en laat eenkant afkoel.
  • Meng die sonneblompitte en die res van die vulselbestanddele liggies in ’n mengbak en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Sodra die patats uit die oond kom, sny ’n gleuf in die lengte van elkeen. Druk liggies oop en skep die vulsel ruimskoots in. Rooster nog 10 min. in die oond tot die vulsel warm is. Sit die patats dadelik voor. 

Groente hoef beslis nie vir vleis terug te staan nie. Hierdie resep is goedkoop, geurig en vullend.