Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Basiese gebakte patats: Was die patats en druk droog. Prik ’n paar keer met ’n vurk. 
  • Bedruip die patats liggies met olie en draai elk in foelie toe. Plaas op ’n bakplaat en bak 40 min. of langer as dit nog hard is.
  • Vulsel: Plaas die helfte van die kekerertjies en die helfte van die neute in ’n voedsel­verwerker. Verwerk 2-5 min. of tot grofgekap en skep in ’n bak. Voeg die res van die ertjies en neute en die speserye by. Meng goed. 
  • Koolslaai: Meng alles en geur. 
  • Guacamole: Verwerk alles in ’n voedsel­verwerker tot glad.
  • Verhit die olie in ’n groot pan. Sodra dit warm is, voeg die ­vulsel by en giet water bietjies-bietjies by. Laat ’n paar minute kook of tot deurwarm, sowat 8 min.
  • Afronding: Sny die patats in ’n X, maar nie heeltemal deur nie. Begin die lae pak. Begin met die vulsel, dan die koolslaai en eindig met ’n lepel vol guacamole. Bestrooi met sprietuie en sit voor saam met gekapte jalapeño’s.