Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondvaste bak met ’n deksel met kossproei. Hou ’n vel bakpapier byderhand.

  • Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die uie, knoffel en brandrissies tot sag. Voeg die res van die speserye by en roerbraai nog ’n minuut.
  • Voeg die rys by en roerbraai nog 5 min. Giet die water by en geur met sout na smaak. Sit die deksel op en laat die rys 30 min. stadig prut tot gaar, maar nie pap nie.
  • Skep ’n derde van die rys in die oondbak en pak ’n laag van die patatskyfies bo-op. Skep nog ’n derde van die rys bo-op, gevolg deur nog ’n laag patat.
  • Skep die orige rys oor en bedek met die bakpapier. Sit die deksel stewig op en bak nog 40-45 min. in die oond of tot die patat sag is.
  • Vir voorsit: Sit die brijani voor saam met die roti’s, jogurt of raita en koljanderblare.