Voorverhit die oond tot 180 °C

  • Wortels: Was die worteltjies goed, maar moenie skil of die toppies afbreek nie.
  • Plaas in ’n oondbak en sprinkel die klapperolie, sout en tiemie oor. Oondbraai 10 min. of tot die wortels lekker goudbruin maar steeds al dente is. 
  • Sous: Sny die grena­dellas oop en skep die vlees uit in ’n bak. Voeg die ment, olie, sout en heuning by en meng goed.   
  • Sit die sous voor saam met die worteltjies.