• Braai die blomkool en ui in die olyfolie tot effens sag. Voeg die gemmer, appel, masala en komyn by en roerbraai so 3 min.
  • Voeg die groenteaftreksel en melk by en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte.
  • Plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  • Voeg die jogurt by en verwerk tot glad. Geur met die sout en peper.
  • Laat afkoel tot yskoud en skep in bakkies.

Afronding

  • Sprinkel die koljanderblare en amandelsplinters oor.