20 min.
4 (as maaltyd) 6-8 (as peuselhappie)
25-30 min.
Bestanddele
- 1 x 400 g-rol skilferkorsdeeg
- VULSEL
- 3 uie, in skyfies gesny
- 6 knoffelhuisies, fyngedruk
- 60 ml (¼ k) mayonnaise
- 60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt
- 100 g cheddar, gerasper
- sout en peper
- DRUPSOUS
- ’n hand vol elk pietersielie en koljanderblare, fyngekap
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 45 ml (3 e) olyfolie
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 1 groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.
- Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny die deeg in 4-6 sirkels.
- Pak die sirkels op die bakplaat. Sny ’n ½ cm-rand reg rondom elke sirkel (sonder om heeltemal deur te sny).
- Vulsel Meng al die bestanddele goed en geur met die sout en peper.
- Stapel die vulsel in die middel van elke deeg-sirkel binne die gesnyde rand.
- Bak 25-30 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is. Haal uit die oond en pak die tertjies op ’n opdienbord.
- Drupsous Meng alles goed en drup oor die tertjies. Sny die tertjies en sit warm of teen kamertemperatuur voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET