15 min.
6 mense
20 min.
Bestanddele
- KERRIEPASTA
- 2 rooi brandrissies
- 1 rooi-ui, gekap
- 2 knoffelhuisies
- 2 stele sitroengras, gekap
- 5 cm-stuk vars gemmer, geskil
- 25 g geblansjeerde amandels
- 250 ml (1 k) water
- SALOTTE OF PIEKELUIE
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 500 g salotte of piekeluie, geskil
- 5 ml (1 t) borrie
- gerasperde skil van 3 lemmetjies
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- 100 ml room
- sout en swartpeper
- VIR VOORSIT
- vars koljander
- amandels
- roti’s
- lemmetjiewiggies
Metode

- Kerriepasta: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en voeg net genoeg water by om ’n growwe pasta te vorm. Hou enige oorskietwater.
- Salotte: Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die salotte of piekeluie tot goudbruin. Voeg die borrie by en braai 1 min. Roer die kerriepasta in en braai 2-3 min.]
- Voeg die oorblywende bestanddele buiten die room en oorskietwater by; bring tot kookpunt.Verlaag die hitte en laat prut 10-15 min. of tot die salotte sag is.
- Giet die room en oorskietwater in, geur met die sout en peper en laat prut 2 min. ]
- Vir voorsit: Strooi die koljander en amandels oor die uie en sit voor saam met roti’s en lemmetjiewiggies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET