Aftreksel

Sit al die bestanddele saam in ’n diep kastrol. Verhit die aftreksel tot dit begin prut en laat 30 min. stadig prut tot geurig.

Noedels

Sit die sam­pioene in die aftreksel en laat 5 min. prut. Sit die noedels by en laat nog 5 min. prut. Meng die noedels, spinasie
en ­ertjies deur en laat prut ­tot die noedels sag en deurwarm is.

Vir voorsit

Verdeel die noedels, groente en aftreksel tussen 4 bakkies.

Pak die eiers in die noedelbakkies. Rond af met die brosgebraaide noedels en sesamsaadjies indien verkies. Sit warm voor.