• Plaas die sampioene in ’n groot braaipan saam met ’n knippie sout en braai tot al die vloeistof van die sampioene verdamp het.
  • Voeg die olyfolie, knoffel en ui by en braai tot die ui sag is.
  • Voeg die kerriepoeier by gevolg deur die tamaties, soetrissie en ½ t sout. Laat kook 10 min. oor matige hitte tot die tamaties en soetrissie sag is en die sous verminder het.
  • Afronding: Rond af met die vars koljander en sit die sampioen-­tikka masala voor saam met roti’s.