Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai.

  • Pak die sampioene in ’n marineerbak. Hou die roosmaryntakkies eenkant.
  • Marinade: Meng al die bestanddele goed en giet oor die sam­pioene. Meng die marinade goed deur en laat die sampioene 2-3 uur of oornag in die yskas marineer. Meng die sampioene gereeld om te verseker dit marineer oraloor.
  • Dukkah-krummel: Rooster die koljander-, komyn- en sesamsaadjies in ’n droë pan tot geurig en tot dit ­effens begin verkleur. Kneus die saadjies liggies in ’n stamper en vysel.
  • Meng die saadjies met die res van die ­bestanddele en hou eenkant.
  • Vir afronding: Verwyder die sampioene uit die marinade en ryg aan die roosmaryn­takkies. Braai die ­kebabs oor die kole tot effens geskroei.
  • Sprinkel die dukkah  en vars kruie (indien gebruik) oor die kebabs en sit voor.