Kluitjies

  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Roer die spinasie by en braai tot verwelk. Skep uit en laat afkoel.
  • Maak die rand van ’n velletjie wontondeeg liggies nat met water en skep ’n teelepel van die sampioenvulsel in die middel.
  • Bring die kant na die middel en knyp stewig vas.
  • Plaas die kluitjie eenkant en herhaal met die res van die vulsel en deeg.
  • Verkoel tot nodig.

Sop

  • Plaas al die bestanddele buiten die boontjiespruite in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en laat stadig 15 min. prut.
  • Voeg die boontjiespruite by indien gebruik.

Vir voorsit

  • Plaas 6 kluitjies op ’n slag in die sop en laat 4-5 min. stadig prut of tot die kluitjies begin dryf.
  • Skep die kluitjies uit en herhaal met die res.
  • Verdeel die sop tussen bakkies en pak ’n paar kluitjies en spinasieblare in elke bakkie.
  • Sit stomend warm voor.