• Sous: Plaas die asyn, suurlemoensap en suiker in ’n kastrol van vlekvrye staal en verhit tot die suiker opgelos is.
  • Verwyder van die hitte en klits die eiers, mosterdpoeier en die knippie sout stadig by. Plaas die kastrol terug op die stoof en verhit 20 min. oor ’n lae hitte of tot die sous verdik het. Roer gedurig.
  • Uitjies: Kook intussen die piekeluitjies in water tot net-net sag maar nie stukkend gekook nie.
  • Plaas die uitjies in ’n gesteriliseerde fles en giet die kookwarm sous oor. Verseël dadelik.