Week die droë bone oornag in water. Dreineer.

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die gekapte spek 5 min. Voeg die ui, knoffel en brandrissies by en roerbraai 5 min. Voeg die res van die groente by en braai 10 min.

Voeg die water en aftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die bone by en laat prut 1 uur of tot die bone sag is.

Geur met die paprika, sout en peper. Voeg die mielies en pietersielie by en laat prut nog 5 min.

Vir voorsit

Sit voor saam met die gebraaide spekrepe en minivet­koeke.