1. PATAT-EN-PEKANNEUTTERT

Pampoen word gereeld in gebak en terte gebruik, maar in hierdie weergawe gebruik ons soet oranje juweelpatats en geur dit met kaneel.

patats
Foto: Misha Jordaan

2. PATAT-KRAGSLAAI

Ons gebruik quinoa in hierdie slaai, maar ­bulgur, koeskoes of selfs bruinrys sal net so ­lekker werk.

patats
Foto: Misha Jordaan

3. KRUMMELPATATS EN RISSIEPATATTJIPS

Patattjips is ’n moderne gunsteling – ons wys jou hoe om ’n gesonde weergawe te maak en krummel oranje patats met ’n saadjiekors vir ’n heerlike snoephappie of bykos.

patats
Foto: Misha Jordaan

4. PATATBRIJANI

’n Vegetariese randrekkermaaltyd wat nie een oomblik terugstaan met geur nie.

patats
Foto: Misha Jordaan

5. REUSE-PATATROSTI MET CAJUNHOENDER

Vir ’n gesonder weergawe van ’n rosti gebruik ons eerder gerasperde patat pleks van aar­­tappel en kombineer ons dié ete met vurige Cajunhoender. 

patats
Foto: Misha Jordaan