Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Sny ’n boonste dekseltjie van elke tamatie af en hol die tamatie uit. Behou die tamatievleis, kap dit grof op en hou eenkant. Geur die tamatie van binne met die sout en peper. Hou die dekseltjie eenkant.
  • Meng die res van die bestanddele in ’n mengbak. Voeg die tamatievleis by. Geur met nog sout en peper, indien nodig, en vul die tamaties.
  • Plaas die tamaties in ’n gesmeerde oondbak of -pan en sit die dekseltjies bo-op. Bak 30 min. tot die kaas lekker gesmelt is. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.