Thaise groenboontjiekerrie

akkreditasie
Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander

  • Kerriepasta: Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot ’n pasta – as die mengsel te droog is, voeg 30 ml (2 e) water by en pols tot ’n gladde pasta.
  • Kerrie: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die sampioene tot gaar. Voeg die kerriepasta by en roerbraai 1 min. of tot geurig.
  • Voeg die groenboontjies en ertjies by en roer deur. Giet die klappermelk oor, meng goed en laat 10 min. stadig prut of tot die boontjies heldergroen en gaar is.
  • Voeg die mielieblom by en roer tot verdik. Geur die kerrie met ’n skeut suurlemoensap en sout na smaak.
  • Vir afronding: Sprinkel die kasjoeneute en ekstra koljanderblare oor en sit net so of saam met rys voor. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees