Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol, voeg die uie en knoffel by en roerbraai 2 min. Skep uit en hou eenkant. Behou die olie.

  • Geur die beesvleis met die sout en peper en bestuif met meel. Verbruin die vleis alkante in dieselfde kastrol. Giet die rooiwyn by en kook af (deglaze). Voeg die aftreksel by en laat prut sowat ’n uur en ’n half tot die vleis sag is en van die been afval.
  • Verwyder die bene en versnipper die vleis, skep die uie terug in die kastrol en laat prut 8-10 min. Geur indien nodig.
  • Voeg die pietersielie by en laat heeltemal afkoel. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  • Sny die deeg in kwarte. Skep van die uiemengsel in die middel van elke kwart deeg. Herhaal tot al die mengsel gebruik is. Vou die deeg oor en knyp die rande styf toe.
  • Verf elke calzone met die eier, pak op die bereide plaat en bak 20 min. tot die deeg goudbruin is.