Sop

Verhit ’n swaarboomkastrol oor matige hitte. Plaas die botter daarin en laat dit smelt voor jy die uie byvoeg. Verlaag die hitte en braai die uie stadig tot goudbruin en gekaramelliseer.

Voeg die tiemie by en roer deur die uie. Voeg die sider by en hou aan kook tot dit tot stroperig verminder. Voeg die hoenderaftreksel by en hou 40 min. aan kook oor lae hitte terwyl jy die oppervlak gereeld afskep.

Geur na smaak met sout en peper.

Roosterbrood

Voor­verhit die oondrooster. Rooster die brood weerskante onder die rooster. Strooi die gerasperde kaas oor vier van die snye ciabatta en plaas dit onder die rooster tot gesmelt. Plaas die oorblywende vier snye op die gesmelte kaas en sny middeldeur.

Skep die tiemietakkies uit die sop en gooi weg. Verdeel die sop tussen vier warm bakke. Sit die kaasroosterbrood voor as bykos.