Basis

Plaas die meel, suiker, sout en kitssuurdeeg in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk terwyl jy die water stadig bygiet. Meng 7-10 min. tot die deeg ’n bal vorm. Haal uit en vryf met die olie in. Plaas die deeg in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat rys tot dit dubbel in grootte is.

Voorverhit die oond tot 230 °C.

Wanneer die deeg gerys het, verdeel in 4 balle, of 8 vir kleiner pizzas. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en vorm in ’n sirkel.

Bestuif groot bakplate met mieliemeel en plaas die basisse daarop. Bak 5-7 min. tot gaar maar nie verbruin nie. Haal uit en hou eenkant.

  • Bolaag: Verhit die olie oor matige hitte in ’n pan en braai die uie en brand­rissies tot dit sag is en die uie ge­karamelliseer het. Voeg die suurlemoensap by en laat prut tot die vloeistof verdamp het. Laat afkoel.
  • Smeer die roomkaas oor die basisse en pak dan ’n paar skywe vars rooi-ui, van die gekaramelliseerde uie en stukke mozzarella daarop.
  • Stel die oond op rooster en plaas die pizzas vir so 2 min. onder die rooster tot die kaas gesmelt het. Haal uit, rond af met die roket en sprietuie, en sit voor.