Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Sny die eiervrug in die lengte in 4 skywe, elk sowat 5 mm dik. Sny die skil af. Plaas in ’n enkellaag in ’n bak.
  • Meng die nori, suurlemoensap, knoffel, sojasous en olyfolie. Giet oor die eiervrug en laat staan 1 uur.
  • Beslag: Klits die keker­ertjiewater tot skuimerig, voeg die res van die bestanddele buiten die orige mielieblom en olie by en klits tot ’n gladde beslag.
  • Verhit die olie tot warm.
  • Stuif mielieblom oor ’n skyf eiervrug en doop in die tempoerabeslag. Diepvetbraai tot die beslag bruin is. Dreineer op handdoekpapier. Herhaal met die orige eiervrug en beslag.
  • Tartaarse sous: Meng ­intussen al die bestanddele vir die sous.
  • Vir voorsit: Pak die tjips in ’n enkellaag op ’n bakplaat en oondbak tot gaar en bros.
  • Sit die eiervrugvis voor saam met die tjips en Tartaarse sous.