Alles oor uie 

Uie is propvol voedingstowwe en het vele gesondheids­voordele. Dit kan onder meer cholesterol en hoë bloeddruk help verlaag.

1. UIEKAASKOEK

uie,resepte
Foto: Misha Jordaan

2. UIE-CALZONE

uie,resepte
Foto: Misha Jordaan

3. SALOTKERRIE

uie,resepte
Foto: Misha Jordaan

4. UIE-PIZZA

uie,resepte
Foto: Misha Jordaan

5. PREIE-KASSEROL

uie,resepte
Foto: Misha Jordaan

Hier is inligting oor van die lede van die uiefamilie:

  • Wituie het ’n skerp geur. Kleiner variëteite sluit pêrel- en kookuie in. Dit werk goed vir salsas en guacamole en rou in slaaie.
  • Geeluie kan rond of plat wees. Verskeie variëteite is goed vir karamellisering en Franse uiesop.
  • Rooi-uie het gewoonlik ’n skerp geur. Dié ui se mooi kleur maak dit gewild om rou in slaaie te sit of op burgers of toebroodjies.
  • Grasuie het ’n matige uiegeur en werk goed om geregte mee af te rond omdat hul geur nie in die kookproses goed behoue bly nie.
  • Preie het ’n ligte uiegeur en kan as plaasvervanger vir gewone uie gebruik word. Dis ideaal vir geregte soos preie-en-­aartappelsop en om saam met ander groentes te bak.
  • Salotte het ’n matige, delikate geur wat heerlik is wanneer dit by souse en slaaisouse gevoeg word.
  • Groenuie, ook bekend as stingeluie, het gewoonlik ’n effens skerp geur. Dit is ideaal vir omelette en taco’s en as garnering vir geregte.
  • Knoffel het ’n sterk geur en is pikant. Olifantknoffel is groter, matiger en nader aan ’n prei verwant. Dit werk in alle soorte geregte, veral kerries, Italiaanse geregte en wanneer jy vleis bak.