Voorverhit die oond tot 200 °C.

Kors

  • Plaas die mozzarella en roomkaas in ’n mikrogolfvaste mengbak en mikrogolf 2 min. op hoog. Meng goed deur.
  • Breek die eier in die kaasmengsel en roer weer sodat alles goed gemeng is. Voeg die amandelmeel, olyfolie en roosmaryn by en meng weer goed.
  • Laat 2 min. afkoel en verdeel die deeg in 2 ewe groot ­balle.
  • Plaas een van die kaasdeegballe tussen 2 velle bakpapier en rol dit liggies met ’n koekroller uit om ’n pizzabasis van ongeveer 0,5 cm dik te vorm. Herhaal met die ander helfte van die deeg.
  • Hou die pizzabasisse op bakpapier en prik die deeg liggies met ’n vurk. Bak 6-8 min. tot goudbruin. Verwyder uit die oond.

Bolae

  • Smeer 15 ml (1 e) van die crème fraîche oor elk van die pizzas as ’n basis.
  • Bedek met die sampioene en rooi-ui. Sprinkel die parmesaan oor. Daar behoort genoeg sout in die kase te wees, maar voel vry om nog by te voeg na smaak. Geur goed met die peper.
  • Bak weer 8 min. tot gaar.
  • Rond af met die vars basilieblare.