Dis die sekerste manier om ’n lekker kuier te bederf. Want wat ons nasionale sport betref, kraai elke Suid-Afrikaner koning om eie kole; elkeen is ’n kampioen op eie werf.

Die onenigheid kan reeds begin voor die vuur aangesteek word, want wat is die beste: brikette, hout of houtskool?

Dié debat is so oud soos braai self.

Ons het by braaikenners gaan hoor watter vuurmaakmetode ideaal is vir jóú.

Foto: Verskaf
vuur,brand,houtskool,brikette
Foto: Verskaf
vuur,brand,houtskool,brikette
Foto: Verskaf
vuur,brand,houtskool,brikette
Foto: Verskaf

Mynie Steffens, aanbieder van VIA (DStv-kanaal 147) se Speel met Vuur, hou van hout, maar sê jy moenie net daarop staatmaak nie.

“Elke ou is oortuig daarvan dat sy hout kurkdroog is, al is dit nie altyd so nie. Maak seker jy het houtskool en brikette byderhand, net ingeval. Probeer verskillende verskaffers om te sien watter hout vir jou die beste werk,” sê Mynie.

 Sy self hou van ’n kombinasie van al drie.

“Ek maak my houtvuur langs die braaiplek en voeg dan houtskool en brikette by. Sodra die kole gloei, krap ek dit na die middel van die braaiplek en sit die rooster daarop.”

vuur,kole,braai
Foto: Verskaf

“Wanneer ek in Johannesburg is, verkies ek houtskool en brikette. In Namibië is dit weer nie so vrylik beskikbaar nie, want daar gebruik mense meestal hout. Namibiese hout is baie betroubaar, want dis besonder hard en lekker droog.“

"Houtskool vat vinnig vlam en dit is baie warm. Ek hou veral van die geur wat dit aan die vleis gee. Die meeste restaurante gebruik houtskool pleks van hout,” voeg sy by. 

vuur,brand,houtskool,brikette
Foto: Verskaf

Volgens Mynie is brikette weer ideaal vir ’n ketelbraai, aangesien dit jou ’n meer eweredige hitte oor ’n langer tyd gee. 

“As jy die deksel opsit, kan jy die ketelbraai soos ’n oond gebruik. Dan werk brikette, wat nie so ’n kwaai hitte afgee nie, beter,” sê Mynie. 

vuur,brand,houtskool,brikette
Foto: Verskaf

Volgens Frank Oberholzer, eienaar van Franca Gourmet Briquettes, is brikette ideaal vir ’n groot braai. 

“Veral in ’n ketelbraai verleen brikette ’n beter smaak. Vir iets wat langer braai, soos ’n skaapboud, sal die speserye in gegeurde brikette goed werk,” sê Frank.

“Dit waarborg dat jou kos deurtrek is van die geur.” 

Maar, erken hy, op die ou einde is die keuse tussen brikette, houtskool en hout elke braaier se persoonlike voorkeur. 

Wen die Grootste Braai van die Jaar!
Neem deel aan ’n reusekompetisie: Jy kan 2019 se braai der braaie vir jou en 20 gaste losslaan – ’n kuier ter waarde van R50 000! Plus, jy het ’n kans om elke week R2 000 kontant te wen. Kry al die besonderhede om die braai van jou lewe wen – en skryf sommer nou in!