1. Gebraaide plathoender met spekboomsalsa

Spekboom is inheems aan die Oos-Kaap, maar dit groei deesdae oral in die land. Die blaartjies van dié vetplant gee die salsa ’n pikante suurlemoengeur en is boonop ryk aan voedingstowwe.

Gebraaide plathoeneder met spekboomsalsa. Foto: Ja
Gebraaide plathoeneder met spekboomsalsa. Foto: Jacques Stander

2. Hoender met chakalaka-botter en braaismoor

Die chakalaka-gegeurde botter verseker dat die hoender heerlik sappig bly.

Hoender met chakalaka-botter en braaismoor. Foto:
Hoender met chakalaka-botter en braaismoor. Foto: Jacques Stander

3. Peri-peri-hoenderlewerkebabs met sorghum-taboeli

Peri-peri-hoenderlewerkebabs met sorghum-taboeli.
Peri-peri-hoenderlewerkebabs met sorghum-taboeli. Foto: Jacques Stander

Ons maak skilpadjies, oftewel lewer-en-netvet, met hoender- pleks van lamslewer.

4. Oondgebraaide brandewyn-en-coke-hoender

Oondgebraaide brandewyn-en-coke-hoender. Foto: Jac
Oondgebraaide brandewyn-en-coke-hoender. Foto: Jacques Stander

Brandewyn-en-Coke is een van die gewildste drankies in ons land. Hierdie marinade sorg vir ’n lipleklekker klewerige sous vir die hoender. Die brandewyn kan wel uitgelaat word, indien verkies.

5. Kammabiltong-hoendervlerkies met monkey gland-doopsous

Die hoendervlerkies word met ’n spesery­mengsel soortgelyk aan dié van biltong, ’n Suid-Afrikaanse hartskos, gegeur.

Kammabiltong-hoendervlerkies met monkey gland-doop
Kammabiltong-hoendervlerkies met monkey gland-doopsous. Foto: Jacques Stander

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.