Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Plaas die ui in ’n bakkie, giet die asyn en suiker oor en laat eenkant staan terwyl jy die res van die slaai berei.
  • Rangskik die brode op ’n bakplaat en bak sowat 8 min. of tot bros en effens verbruin. Verwyder uit die oond, sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en laat afkoel.
  • Druk die knoffel met ’n stamper in ’n vysel saam met die sout tot ’n pasta fyn.
  • Meng die knoffel met die jogurt, komyn en kruie.
  • Verwyder die hoender van die been en breek dit in stukkies. Pak dit op ’n bakplaat uit.
  • Plaas die kekerertjies op die bakplaat en sprinkel die paprika en ’n bietjie olyf­olie oor. Bak tot die hoender se vel en die keker­ertjies lekker bros is, sowat 10-15 min. Roer halfpad om. Laat afkoel en giet die jogurtmengsel oor. Meng deur.
  • Rangskik ’n laag broodstukke op ’n opdienbord. Skep die hoendermengsel bo-oor en rangskik die res van die brood bo-op.
  • Dreineer die ui en sprinkel dit saam met die neute bo-oor die slaai.
  • Afronding: Rond af met die kruietakkies en suurlemoenskyfies.