• Meelmengsel: Meng al die bestand­dele vir die meelmengsel. Skep in ’n plat bak. Plaas die eiers en mielieblom ook in afsonderlike plat bakke.
  • Hoender: Doop die hoenderblokkies eers in eier, dan in mielieblom, dan weer in eier en dan in die meelmengsel.
  • Verhit genoeg olie in ’n wok en braai die blokkies tot goudbruin en gaar, maar nie droog nie. Vee die pan uit.
  • Sous: Meng al die bestand­dele vir die sous, giet in die pan en laat kook tot lekker geurig, so 2-3 min. Voeg die hoenderstukkies weer by en meng deur.
  • Vir voorsit: Skep die rys of noedels in 3 bakkies, skep die hoendermengsel bo-op en besprinkel met stingeluie en sesamsaad.