Voorverhit die oond tot 200°C. Besluit ’n bakplaat met kossproei. 

  • Hoender: Maak met ’n skerp mes ’n gleuf in elke hoenderborsie - oppas om heeltemal deur te sny. Stop die hoender met die camembert en neute. Bind die borsies toe met vleistou. 
  • Plaas die hoender op ’n bakplaat, bedruip met die olyfolie en geur met die sout. 
  • Bak 15-20 min. of tot deurgaar en tot die kaas begin smelt. 
  • Spekvinaigrette: Braai die spek in ’n pan tot broos. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker opgelos is. Geur met die sout en laat eenkant effens afkoel. 
  • Slaai: Rangskik die vye op ’n opdienbord. Strooi die roket oor die vye, rangskik die roket oor die camembert bo-op, indien gebruik, en skep die spekvinaigrette oor. 
  • Vir voorsit: Verwyder die tou van die hoender en sny in skywe. Sit voor saam met die slaai.