• Was die heel hoender en plaas dit in ’n kastrol met genoeg water om dit te bedek. Bring tot kookpunt. Voeg die wortels, ui, peperkorrels, naeltjies en lourierblare by en laat 1 uur prut of tot die hoender sag is. 
  • Haal die hoender uit die kastrol en hou die kookvloeistof. Laat die hoender afkoel. Gooi die vel en bene weg en versnipper die vleis. Sit eenkant. 
  • Maak die okkerneute in ’n voedselverwerker fyn.
  • Week die brood in die kookvloeistof wat jy gehou het en voeg dit saam met die knoffel en paprika by in die verwerker. Verwerk tot gemeng. Voeg die gaar ui en wortels by terwyl die verwerker aan die gang is. Voeg die versnipperde hoender by en verwerk tot goed gemeng. Geur met die sout.