Verwyder die punte van die hoendervlerkies met ’n kombuisskêr en verdeel elke vlerkie in die boonste deel van die vlerk (wat soos ’n klein boudjie lyk) en die plat kant (die middelste deel van die vlerkie wat die boudjie en die punt verbind).

Druk elke stukkie droog met kombuis­papier en laat staan eenkant.

  • Giet die olie in ’n groot kastrol en verhit tot 175 °C.
  • Plaas die mielieblom in ’n groot bak en rol elke vlerkie daarin en tik die ekstra meel af.
  • Braai die vlerkies 8-10 min. versigtig en in bondels sodat die pan nie te vol is nie, of tot die hoender heeltemal gaar is.
  • Dreineer op ’n draad­rak of ’n bord uitgevoer met kombuis­papier en laat eenkant staan.
  • Sodra al die vlerkies gebraai is, plaas ’n wok oor matige hitte en voeg die gaar vlerkies in saam met die rissieboontjie­sous, rys-of appelasyn, tamatiepasta, sojasous en suiker.
  • Roer liggies tot al die stukkies met die sous bedek is en skep op ’n opdienbord.